Mars

Hierdie artikel handel oor die planeet Mars. Vir ander betekenisse van die naam, sien Mars (dubbelsinnig).
Mars   ♂
Die planeet Mars
Mars, soos op 22 Februarie 1980 waargeneem deur die Viking 1-wenteltuig.
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Afelium 249 200 000 km
Perihelium 206 700 000 km
Halwe lengteas 227 939 200 km
Wentelperiode 686,971 dae
Sinodiese periode 779,96 dae
Gem. omwentelingspoed 24,007 km/s
Gem. anomalie 19,412°[2]
Baanhelling 1,850 ° tot sonnebaan
5,65 ° tot sonewenaar
Lengteligging van stygende nodus 49,558 °
Periheliumhoek 286,502 °
Natuurlike satelliete 2
Fisiese eienskappe
Gem. radius 3 389,5 ± 0,2 km[3]
Radius by ewenaar 3 396,2 ± 0,1 km[3]
(0,533 aardes)
Radius na pole 3 376 ,2 ± 0,1 km[3]
(0,531 aardes)
Oppervlakte 144 798 500 km2[4]
(0,284 aardes)
Volume 1,6318×1011 km3[5]
(0,151 aardes)
Massa 6,4171×1023 kg[6]
(0,107 aardes)
Gem. digtheid 3,9335 g/cm3[5]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
3,72076 m/s2[7]
(0,3794 g)
Traagheidsfaktormoment 0,3662±0,0017[8]
Ontsnapping-
snelheid
5,027 km/s
Sideriese
rotasieperiode
1,025957 dag
24h 37m 22.7s[5]
Rotasiespoed
by ewenaar
868,22 km/h
Ashelling 25,19 ° tot sy wentelvlak[9]
Regte styging van noordpool 317,68143 °
21h 10m 44s
Deklinasie 52,88650 °
Skynmagnitude -2,94 tot +1,86[10]
Hoekgrootte 3,5-25,1″[9]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 0,636
(0,4-0,87) kPa
Samestelling

Mars is die vierde planeet van die Son af in ons Sonnestelsel. Die planeet is genoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Daar word ook na Mars as die "Rooi Planeet" verwys, aangesien dit van die Aarde af rooierig lyk.

Mars is ’n aardplaneet met ’n dun atmosfeer. Die oppervlakeienskappe herinner aan die impakkraters van die Maan sowel as die vulkane, valleie, woestyne en poolkappe van die Aarde. Mars is ook die tuiste van Olympus Mons, die hoogste bekende berg in die Sonnestelsel, en van Valles Marineris, die grootste canyon. Benewens die planeet se geografiese eienskappe, is sy wentelperiode en seisoenale siklusse ook soortgelyk aan dié van die Aarde.

Vergelyking in grootte met die Aarde.

Tot en met die eerste verbyvlug deur Mariner 4 in 1965 is gespekuleer dat daar moontlik vloeibare water op die planeet se oppervlak kan wees. Hierdie spekulasies is gebaseer op periodieke wisselings in lig en donker dele, veral in die poolbreedteliggings, wat soos seë en kontinente gelyk het, terwyl lang, donker groewe deur sommige waarnemers vertolk is as besproeiingskanale vir vloeibare water. Later is bewys dié reguit groewe of lyne bestaan nie werklik nie, maar is bloot ’n optiese illusie. Van al die planete in die Sonnestelsel word Mars egter steeds beskou as die waarskynlikste om vloeibare water te hê en miskien ook lewe te onderhou.

Dit lyk of die yskappe by die twee pole hoofsaaklik uit water bestaan.[11][12] Die volume van waterys op die suidpool sal, as dit gesmelt word, genoeg wees om die hele planeet met water van 11 m diep te bedek.[13] In November 2016 het Nasa berig ’n groot hoeveelheid onderwaterys is in die Utopia Planitia-streek gevind. Die volume van die water word geraam as amper gelyk aan die volume van water in die Bowemeer.[14][15][16]

In 2018 was daar agt werkende ruimtetuie: ses in ’n wentelbaan (2001 Mars Odyssey, Mars Express, Mars Reconnaissance Orbiter, MAVEN, Mars Orbiter Mission en ExoMars Trace Gas Orbiter) en twee op die oppervlak (Curiosity en InSight). Geologiese (of eintlik: areologiese) bewyse wat deur hierdie en voorafgaande sendings versamel is, dui daarop dat Mars voorheen baie water gehad het en dat klein, geiseragtige waterstromings moontlik in onlangse jare plaasgevind het.[17] Waarnemings deur Nasa se Mars Global Surveyor wys dele van die suidelike poolkap is aan die afneem.[18]

Mars het twee mane: Fobos en Deimos. Albei is klein en het onreëlmatige vorms. Hulle is moontlik asteroïdes wat in ’n wentelbaan aangetrek is, soortgelyk aan 5261 Eureka, een van Mars se trojaanse asteroïdes. Mars en sy rooierige kleur kan met die blote oog van die Aarde af gesien word. Sy skynbare magnitude is tot -2,9:[9] Slegs Venus, die Maan en die Son is helderder.

  1. Simon, J.L.; Bretagnon, P.; Chapront, J.; Chapront-Touzé, M.; Francou, G.; Laskar, J. (Februarie 1994). "Numerical expressions for precession formulae and mean elements for the Moon and planets". Astronomy and Astrophysics. 282 (2): 663–683. Bibcode:1994A&A...282..663S.
  2. Williams, David (2018). "Mars Fact Sheet". NASA Goddard Space Flight Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2020. Besoek op 22 Maart 2020.; Mean Anomaly (deg) 19.412 = (Mean Longitude (deg) 355.45332) - (Longitude of perihelion (deg) 336.04084) Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  3. 3,0 3,1 3,2 Seidelmann, P. Kenneth; Archinal, Brent A.; A'Hearn, Michael F.; et al. (2007). "Report of the IAU/IAG Working Group on cartographic coordinates and rotational elements: 2006". Celestial Mechanics and Dynamical Astronomy. 98 (3): 155–180. Bibcode:2007CeMDA..98..155S. doi:10.1007/s10569-007-9072-y.
  4. Grego, Peter (6 Junie 2012). Mars and How to Observe It. Springer Science+Business Media. p. 3. ISBN 978-1-4614-2302-7 – via Internet Archive.
  5. 5,0 5,1 5,2 Lodders, Katharina; Fegley, Bruce (1998). The Planetary Scientist's Companion. Oxford University Press. p. 190. ISBN 978-0-19-511694-6.
  6. Konopliv, Alex S.; Asmar, Sami W.; Folkner, William M.; Karatekin, Özgür; Nunes, Daniel C.; et al. (Januarie 2011). "Mars high resolution gravity fields from MRO, Mars seasonal gravity, and other dynamical parameters". Icarus. 211 (1): 401–428. Bibcode:2011Icar..211..401K. doi:10.1016/j.icarus.2010.10.004.
  7. Hirt, C.; Claessens, S. J.; Kuhn, M.; Featherstone, W. E. (Julie 2012). "Kilometer-resolution gravity field of Mars: MGM2011" (PDF). Planetary and Space Science. 67 (1): 147–154. Bibcode:2012P&SS...67..147H. doi:10.1016/j.pss.2012.02.006. hdl:20.500.11937/32270.
  8. Folkner, W. M. (1997). "Interior Structure and Seasonal Mass Redistribution of Mars from Radio Tracking of Mars Pathfinder" (PDF). Science. 278 (5344): 1749–1752. Bibcode:1997Sci...278.1749F. doi:10.1126/science.278.5344.1749. ISSN 0036-8075. PMID 9388168.
  9. 9,0 9,1 9,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nssdc
  10. Mallama, Anthony; Hilton, James L. (Oktober 2018). "Computing apparent planetary magnitudes for The Astronomical Almanac". Astronomy and Computing. 25: 10–24. arXiv:1808.01973. Bibcode:2018A&C....25...10M. doi:10.1016/j.ascom.2018.08.002.
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kostama
  12. Byrne, Shane; Ingersoll, Andrew P. (2003). "A Sublimation Model for Martian South Polar Ice Features". Science. 299 (5609): 1051–1053. Bibcode:2003Sci...299.1051B. doi:10.1126/science.1080148. PMID 12586939.
  13. "Mars' South Pole Ice Deep and Wide". NASA. 15 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2009. Besoek op 16 Maart 2007. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  14. "Lake of frozen water the size of New Mexico found on Mars – NASA". The Register. 22 November 2016. Besoek op 23 November 2016. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  15. "Mars Ice Deposit Holds as Much Water as Lake Superior". NASA. 22 November 2016. Besoek op 22 November 2016.
  16. Staff (22 November 2016). "Scalloped Terrain Led to Finding of Buried Ice on Mars". NASA. Besoek op 23 November 2016. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
  17. NASA/JPL (6 Desember 2006): NASA Images Suggest Water Still Flows in Brief Spurts on Mars Geargiveer 7 Augustus 2011 op Wayback Machine. Besoek op 2007-01-04.
  18. NASA (20 September 2005); Webster, G.; Beasley, D.: Orbiter's Long Life Helps Scientists Track Changes on Mars Geargiveer 30 April 2007 op Wayback Machine. Besoek op 2007-02-26.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search